Jaarboeke

Miniverhandeling 800


 
Modulekode MND 800
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud (a) Die student moet ’n navorsingsvoorstel gedurende die eerste jaar van registrasie ten opsigte van die LLM-graad by sy/haar studieleier inhandig alvorens daar begin kan word met die skryf van die miniverhandeling. (b) ‘n Miniverhandeling (MND 800) moet bestaan uit 13 000 tot 15 000 woorde insluitend die voetnotas maar die inhoudsopgawe en die bibliografie uitgesluit. Die miniverhandeling moet by die promotor ingehandig word nie later nie as Augustus van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad. Die miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een of ‘n kombinasie van die LLM-modules waarvoor die student geregistreer is. ’n Versoek ten opsigte van die verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling kan slegs deur die Dekaan verleen word, op aanbeveling van die LLM-komitee.
Modulekrediete 100.00
Voorvereistes RHP 801 en RHP 803
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Regsgeleerdheid Dekaanskantoor
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences