Jaarboeke

Inligting- en kommunikasietegnologiereg 802


 
Modulekode KUB 802
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud Hierdie module bied studente 'n gedetailleerde kennis en begrip van die onderliggende teorie en diverse bepalings van toepaslike internasionale en plaaslike wetgewing, sowel as praktiese leiding in die toepassing daarvan. Die volgende aspekte word binne die konteks van gevorde kuberreg inligting- en kommunikasietegnologiereg behandel: (a) Algemene inleiding tot internasionale en plaaslike inligtingtegnologiereg (b) Algemene beginsels van internasionale en plaaslike elektroniese kontraksluiting (c) Capita selecta uit die elektroniese doen van sake: aanlyndobbelary, vendusies en die verkoop van beperkte goedere, elektroniese betalingsmetodes en digitale hantering van banksake/finansiële dienste (d) Verbruikersbeskerming (e) Privaatheid en databeskerming (f) Vryheid van spraak op die Internet (g) Kubermisdaad (h) Elektroniese uitdagings vir kopiereg (i) Domeinnaamregulering, -beheer en geskilbeslegting (j) Internetdiensverskaffer (IDV)-regte, -pligte en -aanspreeklikheid
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Handelsreg
Aanbiedingstydperk Semester 1 of Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences