Jaarboeke

Suid-Afrikaanse politiek 753


 
Modulekode STL 753
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Studie van Suid-Afrikaanse politiek met verwysing na politieke instellings, die politieke proses, politieke vraagstukke en beleid. Die klem val op resente gebeure en ontwikkelinge in die nasionale en die internasionale politieke omgewings. Faktore wat in hierdie verband bestudeer word, sluit in: politieke partye, organisasies en instellings, die politieke stelsel, die ontwikkeling van die politieke stelsel, stelselaanpassings, transformasie en legitimiteit, invloede op die politieke omgewing, verkiesings, politieke leierskap, beleid en die ontwikkeling van beleid.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 lesing per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Politieke Wetenskappe
Aanbiedingstydperk Semester 1 of Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences