Jaarboeke

Program: MSc Toegepaste Wetenskap Argitektuur (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12252009 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Dr C Combrinck
[email protected]
+27 (0)124206536

Programinligting

By wyse van ’n gedoseerde leergang en ’n miniverhandeling.

Verwys na G Regulasies g.1.2, G.30 tot G.40 en G.50 tot G.54.

Toelatingsvereistes

Kandidate wat ’n onderwerp binne die dissplines van argitektuur binne-argitektuur of landskapargitektuur en spesifiek verwant aan een van die departement se navorsingsvelde wil navors en wat in besit is van

  • a BScHons of ekwivalente graad van vier of meer jaar;

of

- ’n honneursgraad in argitektuur landskapargitektuur of binne-argitektuur of ekwivalent;

of

  • wie deur die Departementshoof in konsultasie met die Dekaan as voldoende geag word en die goedkeuring van die Senaat verkry het (waar vereis) en wat aan welke addisionele vereistes wat voorgeskryf mag word voldoen word toegelaat tot die Magister Scientiae (Toegepaste Wetenskap).
  • Kandidate word op akademiese meriete gekeur vir toelating tot studies in die graadprogram.

 

Ander programspesifieke inligting

Die kurrikulum word saamgestel in konsultasie met die Departementshoof.

Dit is die verantwoordelikheid van die studente om vas te stel of lesings binne die toepaslike navorsingsveld aangebied word in die spesifieke studiejaar. Bywoning van lesings is verpligtend.

Die onderwerp van die miniverhandeling moet deur die Departementshoof goedgekeur word.

Eksamens en slaagvereistes

'n Minimum van 50% word vereis in die eksaminering van die gedoseerde modules, met ’n minimum finale punt van 50% om te slaag.

'n Minimum van 50% is die slaagpunt vir die miniverhandeling.

Navorsing

G Regulasie G.39.12. is van toepassing.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n geweegde gemiddelde van 75% behaal, en wat ten minste 75% in die miniverhandeling en ’n geweegde gemiddelde van ten minste 70% behaal in die oorblywende gedoseerde modules waaruit die krediete van die RFS-module van die graad saamgestel is.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences