Jaarboeke

Program: PhD Tandheelkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10264000 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360

Programinligting

Die graad PhD word op grond van ’n proefskrif toegeken: Met dien verstande dat die Fakulteitsraad op aanbeveling van die eksamenkommissie, ’n mondelinge eksamen kan vereis wat handel oor die onderwerp van die proefskrif.

Sien ook die Algemene Regulasies.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word 'n kandidaat slegs tot doktorale studie toegelaat indien hy of sy in besit is van 'n magistergraad. Indien Kaak- Gesig- en Mondchirurgie as hoofstudierigting gekies word moet 'n kandidaat 'n minimum slaagpunt van 65% in óf die MScDent-graad óf die MChD (Kaak- gesig- en mondchirurgie)-graad of 'n gelykwaardige kwalifikasie behaal het.

Geen aanlynaansoeke vir die PhD sal aanvaar word nie. Studente moet die korrekte prosedure volg en deur die onderskeie departemente aansoek doen.

Alle aansoekvorms moet eers deur die Departementshoof goedgekeur word voordat studente dit by Studenteadministrasie in die HW Snyman-gebou (Nagraadse Navrae) inlewer.

Ander programspesifieke inligting

Modulekode THW 990 Tandheelkundige wetenskappe 990 moet gebruik word vir PhD-projekte wat buite die grense van departemente val.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences