Jaarboeke

Program: PGDip Handterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10220012 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

Die program strek oor een akademiese jaar en word in vier blokke aangebied. (Die aantal blokke en duur kan na oorlegpleging tussen die dosente en studente aangepas word.)

Let wel: Aangesien die program elke tweede jaar aangebied word, moet die aanvang van studie in oorleg met die departementshoof uitgeklaar word.

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies is die BArb-graad of 'n gelykwaardige kwalifikasie of die BPhysT-graad of 'n gelykwaardige kwalifikasie asook registrasie as arbeidsterapeut/fisioterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika 'n vereiste.
  • 'n Student moet ten minste 'n deeltydse pos tydens studie beklee wat deur die Departementshoof as toepaslik vir die betrokke studierigting beskou word.

 

Eksamens en slaagvereistes

(i)      Slaagvereistes

In die geval van ’n skriftelike en mondelinge/praktiese eksamen word ’n subminimum van 50% in elk van die skriftelike en mondelinge/praktiese gedeeltes van die eksamen vereis, met ’n finale punt (deurlopende evalueringspunt en eksamenpunt) van minstens 50% om in die betrokke module te kan slaag.

(ii)     Eksamentoelating

Voorafgaande tot die eksamen moet studente alle praktika bywoon en alle opdragte indien om toelating tot die eksamen te kry.

(iii)    Tweede eksamengeleentheid

Die datum van aflegging van enige tweede ekamens wat verleen is, word in oorleg met die departementshoof gereël: Met dien verstande dat dit nie later as die volgende eksamenperiode sal plaasvind nie.

Slaag met lof

Die diploma word met lof uitgereik aan ’n student wat minstens 75% in (ADM) Gevorderde kliniese hantering in handterapie 701, en ’n gemiddelde van minstens 75% in die ander modules behaal het.

Minimum krediete: 120

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences