Jaarboeke

Gevorderde navorsingmetodologie 812


 
Modulekode SOC 812
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

Hierdie module het ten doel om die reikwydte van die navorsingsgmetodes en -strategieë waarmee studente vertroud is te verbreed en om hul bestaande begrip van metodes en benaderings tot sosiale navorsing te verdiep. Sleutelkomponente van die module sluit in ’n bekendstelling aan die universiteit se prosesse om toestemming te verkry om navorsing te doen, die komponente van ’n goeie navorsingsvoorstel, en strategieë vir die identifisering van ’n navorsingsvraag. Hierbenewens word die vraag oor waarom ons sosiale navorsing doen en die verskillende wyses waarop navorsing ’n sosiale bydrae lewer op ’n kritiese wyse bespreek. Ten slotte word daar oorweging geskenk aan hoe om ’n navorsingsstudie binne ’n navorsingstradisie te plaas en wel op ’n manier wat ‘navorsing’ en ‘teorie’ aaneenskakel. Daar word van studente verwag om ’n volledige navorsingsvoorstel te skryf. 

Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 lesing per week, 1 seminaar per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Sosiologie
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences