Jaarboeke

Stralingsfisika 310


 
Modulekode RFI 310
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud Rekenaartomografie: RT-generasies. Apparaat: x-straalbuis, kollimators detektors. Beeldrekonstruksie: basiese vergelykings, algoritmes. Beeldeienskappe: veldgrootte, beeldmatrys, voksel, piksel, RT-getal, vensterwydte en vensterhoogte. Beeldgehalte: ruimtelike oplosvermoë, kontrasoplosvermoë, geruis en artefakte, ruimtelike eenvormigheid, en ruimtelike frekwensie. Beeldverwerking: randversterking, pikselverskuiwing, subtraksie. Syferradiografie: x-straalopwekker, analoog-na-syfer- omsetter, lineêre en logaritmiese subtraksie, geruis. Ultraklank: teorie, omsetters, piesoëlektriese kristal, resonansie-frekwensie, wisselwerking met materie, weerkaatsing, breking, akoestiese impedansie. Dopplertegnieke. Magnetiese resonansie: mediese toepassings.
Modulekrediete 10.00
Diensmodules Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Voorvereistes FSG 251, RFI 210, RAW 281, RBG 281, RAN 280, RAW 282, FSG 252, FSG 262, RAW 284 en RFI 211
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Afrikaans aangebied
Akademiese organisasie Fisika
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences