Jaarboeke

Stralingsterapie en kerngeneeskunde 284


 
Modulekode RAW 284
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud (a) Radiobiologie: Seloorlewingskurwes en teikenteorieë, stralingseffekte op weefsel, weefsel- en orgaanradiosensitiwiteit. Stralingspatologie, akute en chroniese effekte, laateffekte van bestraling. Kliniese radiobiologie: stralingsterapie, tumorradiobiologie, fraksionasie, iso-effekformules. (b) Inleiding tot stralingsterapie: Oorsprong en voorkoms van kanker, diagnose en stadiëring. Modaliteite vir behandeling. Metodes van behandeling in stralingsterapie. Voorbereiding vir eksterne bestraling. Dosisse. Biologiese beginsels vir straling. Effek van bestraling op normale weefsel. (c) Inleiding tot kerngeneeskunde: Beginsels van kerngeneeskunde en kernfisika. Kerngeneeskundige instrumentasie. Radiochemiese farmakologie. Basiese benadering tot kliniese kerngeneeskunde en toepaslike tegnieke.
Modulekrediete 10.00
Voorvereistes RAN 100,RFI 110,FSG 161,FSG 162,RAW 180,RAW 182,MTL 180
Kontaktyd 1 besprekingsklas per week, 1 lesing per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Radiografie
Aanbiedingstydperk Kwartaal 4

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2020. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences