Jaarboeke

Uitgewerswese 210


 
Modulekode PUB 210
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud *Geslote - vereis departementele keuring. Redigering. 'n Inleiding tot redigering as 'n fase in die uitgeeproses. Onderwerpe wat aangespreek word sluit in: die rol van die redigeerder in die uitgeewaardeketting; die vlakke van redigering; die verantwoordelikhede van die redigeerder teenoor die manuskrip, die outeur en die uitgewery; die verantwoordelikhede en vaardighede van die proefleser; tipiese probleme in tekste; proeflees en redigeersimbole en die opmerk van tekste; regs- en etiese aangeleenthede. Leerders word ook toegerus met praktiese vaardighede in die proeflees en redigering van digitale asook gedrukte tekste.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 3 praktiese sessies per week, 3 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Inligtingkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences