Jaarboeke

Verplegingstudies 251


 
Modulekode NUR 251
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Inleiding tot medies-chirurgiese en traumaverpleegkunde. Die mediese en chirurgiese benadering tot gesondheidsorg. Akute versus chroniese siekte. Die invloed van siekte en hospitalisasie op die volwasse gesondheidsdiensverbruiker. Aspekte van professionele praktyk. Toepaslike beramingsvaardighede. Aspekte van traumaverpleging. Toegepaste mensvoeding. Intrinsieke en ekstrinsieke oorsake van siekte. Sellulêre stressors, aanpassingsprosesse, abnormale sellulêre groei, selbeskadiging, herstel en afsterwe van selle. Neoplasie en tumorpatologie. Algemene versteurings van homeostase. Inleiding tot genetika en verworwe siektes. Aspekte van mediese noodverpleegkunde. LW: Slegs gekeurde BCur-studente mag vir hierdie module registreer.
Modulekrediete 11.00
Voorvereistes FSG 161,FSG 162,NPE 161,NPE 162,NUR 151,NUR 152,NUR 153,NUR 154,DNP 151,DNP 152,CIL 111 en 121 of AIM 101 of AIM 111 en 121 EOT 110 en 120 of ELH 121 en 122
Kontaktyd 2 praktiese sessies per week, 3 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Verpleegkunde
Aanbiedingstydperk Kwartaal 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences