Jaarboeke

Kommunikasiebestuur 310


 
Modulekode KOB 310
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud Strategiese kommunikasiebestuur Geïntegreerde Kommunikasie (GK) voorveronderstel die belyning en implementering van die ondernemingsstrategieë, korporatiewe strategieë en korporatiewe kommunikasiestrategieë van die organisasie. Die korporatiewe posisionering wat uit hierdie strategieë voortvloei, word deur die organisasie se unieke reputasie, beeld, identiteit en handelsnaam gekommunikeer. Omgewingsverkenning stel die organisasie verder in staat om vraagstukke, risiko's en moontlike krisisse wat hierdie posisionering kan beïnvloed, te identifiseer en aan te spreek. Huidige korporatiewe stedelingskapdenke steun die beginsel van 'n simbiotiese verhouding tussen die besigheid en die samelewing deur ekonomiese, omgewings- en sosiale volhoubaarheid te beklemtoon (die sogenaamde ''triple bottomline''). Die hoogtepunt hiervan is 'n nuwe besef van die organisasie se korporatiewe verantwoordelikheid en sy rol as korporatiewe stedeling. Etiek in strategiese bestuur word uitgelig en geskikte navorsingstegnieke word ontleed.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Voorvereistes KOB 210 of KOB 220 met 'n GS in die ander
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Afdeling Kommunikasiebestuur
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences