Jaarboeke

Kommunikasiebestuur 210


 
Modulekode KOB 210
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud Bestuurskommunikasie Gebaseer op die paradigma van Geïntegreerde Kommunikasie (GK), dek hierdie module bestuurskommunikasieteorie, leierskap- en toesighouerkommunikasie, sowel as die bestuur van verandering en transformasie deur kommunikasie. Bestuurskommunikasie in die globale arena fokus op die dinamika en viering van diversiteit en interkulturele verhoudings. Bestuurders moet kennis neem van die belangrikheid van ontwikkelingskommunikasie, beide in 'n besigheids- en gemeenskapskonteks. Die belangrikheid van etiese oorwegings in bestuurs- en leierskapskommunikasie word beklemtoon. Na 'n verduideliking van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsontwerpe, word toepaslike kommunikasienavorsingstegnieke ondersoek.
Modulekrediete 16.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Afdeling Kommunikasiebestuur
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share