Jaarboeke

Voorligting en berading 210


 
Modulekode JVB 210
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Hierdie module het ten doel om onderwysstudente toe te rus met kennis en vaardighede om leerders met fisieke en intellektuele hindernisse te sif, identifiseer, assesseer en ondersteun binne die klaskamer-konteks. Gerig deur die beginsels van positiewe sielkunde as onderliggende teorie fokus die module op wyses waarop hindernisse wat verband hou met lees, skryf en wiskunde aangespreek kan word, asook hindernisse wat betref die ouditiewe stelsel, en visuele akkuraatheid en persepsie. In hierdie verband sal onderwysstudente insig verwerf in verwysingsprosedures na identifikasie van ‘n leerder met gespesialiseerde behoeftes. Onderwysstudente sal blootgestel word aan kontekstuele psigo-sosiale sorg en ondersteuning wat geïmplementeer kan word in skole deur die identifikasie en mobilisering van individuele en gemeenskaplike bates en hulpbronne. Hierbenewens sal hulle bekendgestel word aan loopbaanvoorligting van leerders met gespesialiseerde onderwysbehoeftes.

Modulekrediete 12.00
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Opvoedkundige Sielkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences