Jaarboeke

Musiekopvoeding 203


 
Modulekode JMO 203
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Om studente met die nodige kennis, vaardighede, waardes en houdings toe te rus wat in die praktyk toegepas en ontwikkel word ten einde die inherente musikaliteit van alle leerders te versterk.  ‘n Holistiese benadering tot Musiekopvoeding word gevolg. Die module is gebaseer op die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en die toepassing van Musiekopvoeding op Kreatiewe Kunste. Dit bou verder op vorige kennis en vaardighede.wat progressief in die metodiek aangewend word. Musiek dien as die primêre fokus, terwyl die ander kunsvorme geïntegreer word. Die fokus is op musiekmaak (musiekaktiwiteite) met die insluiting van instrumentale begeleiding. Geleenthede word gebied om studente se musiekvaardighede sowel as hul musiekteoretiese kennis te ontwikkel.

Modulekrediete 12.00
Kontaktyd 2 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences