Jaarboeke

Metodiek van rekenaartoepassingstegnologie 451


 
Modulekode JMI 451
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Hierdie module bou progressief op vorige verkrygde kennis en vaardighede in JMI 200 en 300. Studente word gelei in die teorie van instruksionele ontwerp terwyl hulle optimale leergeleenthede beplan, ontwerp en aanbied. Studente raak vertroud met die beginsels vervat in die NKV en KABV. Studente analiseer die inhoud van die graad 12 RTT kurrikulum  en leer hoe om onderwysergerigte en leerdergesentreerde metodes te gebruik om leer te bevorder, hulle skep onderrigmedia, en pas alle maniere van assessering soos vervat in die KABV toe.

Modulekrediete 3.00
Voorvereistes RTT 330 en RTT 340
Kontaktyd 1 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Wet, Wisk en Tegnologie-ond
Aanbiedingstydperk Kwartaal 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences