Jaarboeke

Kuns: Prakties 301


 
Modulekode JKU 301
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud Tekenvaardigheid III Tradisionele en eksperimentele gebruik van tekenmedia. Inleiding tot die aard en rol van illustrasie, visualisering en uitdrukking van idees. Interpretasie van objekte, figure na visuele vorm, visuele abstraksie. Ondersoek van kreatiewe metodes. Konseptuele ontwikkeling en evaluering. Tradisionele en eksperimentele mediagebruik. Grafiese ontwerp III Ontwerp as visuele kommunikasie: gebruik van tipografie as uitdrukkingsmedia. Uitleg sisteme en strukture. Integrasie van beeld en teks in die ontwerp van briefhoofde, logo’s en brosjures. Visuele analise en interpretasie. Studie van kontemporêre stylrigtings. Kennismaking met verpakking, bemarking en tekstielontwerp. Individuele ontwerpnavorsingsprojekte. Grafiese drukkuns III Bekendstelling van serigrafie as grafiese medium. Eksperimentele werk. Toepassing in plakkaat en uitnodigingskaartjies. Bestudering van toepaslike teorie aan die hand van studiehandleidings. Skildervaardigheid III Analise van vorm, struktuur en komposisie. Portret- en figuurskilder. Toepassing van formele en eksperimentele skildertegnieke. Eksperimentering met media: waterverf, tempera, akriel en gemengde media. Modelleer II Studie van drie-dimensionelevorm. Kombinasies van verskillende pottebakkerstegnieke. Dekoratiewe verf van eenhede – patrone. Keuse van twee van die volgende: Studie van hedendaagse stylrigtings en tegnieke met verwysing na spesifieke kunstenaars. Visuele interpretasie van konsepte, probleemoplossing en evaluering. Klem op komposisionele samestellings. Versorging, bespreking en evaluering van toepaslike uitstallings. Selfstandige werk. Museumbesoeke.
Modulekrediete 32.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 4 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences