Jaarboeke

Toep v menseregtebeginsels om aansprake op seksuele en reproduk gesondheidsregte te verwesenlik 803


 
Modulekode HRA 803
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud

In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels ten aansien van reproduktiewe en seksuele gesondheid met die doel om aansprake op dié regte op plaaslike, streeks- en globale vlak te verwesenlik.
Die volgende onderwerpe word behandel:
(a) Toepassing van menseregte op seksuele en reproduktiewe gesondheid, met inbegrip van die reg op gelykheid, lewe, menswaardigheid en beskerming teen onmenslike en vernederende behandeling, gesondheid, inligting, opvoeding, reproduktiewe selfbeskikking, die beskerming van werkende moeders, vryheid en veiligheid van die mens, en privaatheid.
(b)  Ontwikkeling van ’n aanspraak op seksuele en reproduktiewe regte deur die identifisering van ’n skending van reproduktiewe gesondheid, die oorsake
daarvan en die persoon of instansie wat daarvoor verantwoordelik is; die
dokumentering van die beweerde skending; bepaling van toepaslike wette en
die identifisering van menseregtestandaarde om die skending van ’n
 reproduktiewe reg vas te stel.
(c) Bevordering van ’n aanspraak op seksuele en reproduktiewe regte op plaaslike vlak met verwysing na die verwesenliking van reproduktiewe regte deur middel van regulerende en dissiplinêre prosedures, geregshowe, alternatiewe dispuutbeslegting, plaaslike menseregte-instellings en ombudspersone.
(d) Bevordering van ’n aanspraak op seksuele en reproduktiewe regte op streeks- en substreeksvlak met verwysing na die verwesenliking van reproduktiewe regte deur middel van Afrika-instellings op streeks- en substreeksvlak.
(e) Bevordering van ’n aanspraak op seksuele en reproduktiewe regte op globale vlak, met besondere verwysing na die verwesenliking van reproduktiewe regte deur middel van agentskappe van die Verenigde Nasies belas met die monitering van verdragsorganisasies.
(f) Kennisverryking deur die studie van vergelykbare streeksmenseregtestelsels, met besondere verwysing na die Europese en inter-Amerikaanse streeksmenseregtestelsels.

Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 30 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Sentrum vir Menseregte
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences