Jaarboeke

Siektes van die kinderleeftyd 481


 
Modulekode GNK 481
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Die module is ontwerp om studente te help om kennis, vaardighede en houdings aan te leer wat hulle in staat sal stel om die besondere behoeftes en gevoeligheid van kinders met betrekking tot ontwikkeling, voeding, omgewing en aanpassing te verstaan en daarop te reageer; algemene en belangrike afwykings van ontwikkeling, voeding, omgewing en aanpassing te kan identifiseer deur middel van geskiedenis en ondersoek en dit effektief te kan hanteer; en algemene en belangrike gesondheidsprobleme van die baba- en kinderleeftyd te kan identifiseer deur middel van geskiedenis en ondersoek en dit effektief te kan hanteer. Tydens die oggendperiodes word studente direk blootgestel aan pediatriese pasiënte en hul probleme deur middel van kleingroepaktiwiteite by 'n reeks verskillende leergeleenthede. Die namiddagperiodes word gebruik vir verteenwoordigende gevallestudies betreffende ’n reeks algemene of belangrike temas, wat geïllustreer word deur multi-dissiplinêre simposia, lesings, probleemoplossingsoefeninge en selfstudie.
Modulekrediete 31.00
Voorvereistes GNK 381,GNK 383,BOK 380,GNK 386,GPS 380,BOK 382,GNK 488,SMO 311,SMO 380,SMO 382
Kontaktyd 6 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Kindergeneeskunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences