Jaarboeke

Traumatologie 583


 
Modulekode GNK 583
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Die blok bestaan uit twee modules; een prakties en die ander teoreties. Die doel van trauma-prakties is om studente bekend te stel aan die kliniese herkenning van trauma-noodgevalle, hoe om nood-ressusitasie te begin, en die aanwending van metodes met die oog op lewensredding en -ondersteuning en noodbehandeling van die trauma slagoffer. Studente word met behulp van rolspel deur akteurs/modelle, die Advanced trauma life support (ATLS) (ABCDE)-benadering tot trauma geleer. Trauma-teorie is ‘n inleiding tot die volle spektrum van trauma as ‘n siekte. Die epidemiologie van trauma, meganismes waardeur wonde toegedien word, insluitend ballistiek; die biologiese reaksie op trauma, genesing van wonde en trauma-komplikasies, word onderrig. Noodbehandeling, resussitasie en intensiewesorgbehandeling van die trauma-slagoffer word gedek. ‘n Sistematiese kursus word op ‘n tema-basis aangebied om die prioritisering van die hooforgaanstelsels volgens die ATLS-tipe benadering tot beserings wat die lewe of die ledemate bedreig, of tot skending kan lei, te dek. Toraks-, kardiovaskulêre, abdominale en kop- en nektrauma word aldus as potensiële lewensbedreigende beserings hanteer, ortopediese trauma as ledemaatbedreigend, en velbeserings hoofsaaklik as skendende beserings. Termale, elektriese en chemise brandwonde asook vrieswonde word gedek. Inleiding tot fisiese en sielkundige rehabilitasie en voeding van die trauma-slagoffer word ook behandel.
Modulekrediete 25.00
Voorvereistes BOK 480,BOK 482,GNK 481,GNK 483,GNK 484,GNK 485,GNK 486,GNK 487,GNK 385,SMO 411
Kontaktyd 10 lesings per week, 3 besprekingsklas per week, 1.5 seminare per week, 1 praktiese sessis per week, 1 ander kontak per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Chirurgie
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share