Jaarboeke

Gemeenskap as pasiënt 271


 
Modulekode GAP 271
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Hierdie module sal die mondhigiëne student in staat stel om vir enige gegewe gemeenskap waarbinne hy/sy geplaas word ‘n diagnose van mondsiektes te kan maak. Toepassing van kennis wat in die module opgedoen word, sal die mondhigiënis in staat stel om deel te neem aan gepaste primêre en sekondêre voorkomende programme om die mondgesondheid van daardie gemeenskap te verbeter in ooreenstemming met die openbare mondgesondheidsbeleid van die RSA. Hierdie module bestaan onder andere uit besoeke aan spesiale skole, kleuterskole en hospitale waar mondgesondheidsprogramme geïmplementeer en in stand gehou word.
Modulekrediete 14.00
Voorvereistes ELH 121, ELH 122, AIM 101, ACO 171, ANA 171, FAR 171, FLG 171, GMB 171, MDB 171, ODO 171, ORD 171, PDL 171, TBW 171, VKM 171, NHS 171
Kontaktyd Gemeenskapsbetrokkenheid, 1 lesing per week vir 24 weke, 2 praktiese sessies (30 weke)
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Gemeenskapstandheelkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences