Jaarboeke

Finansiële rekeningkunde 300


 
Modulekode FRK 300
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud *Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige wetenskappe)-studente (Hierdie is ‘n kernmodule vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) wat deel uitmaak van die GR-program. Modules word opgestel en aangebied met kennisname van die vereistes van die SAIGR se sillabus.) Hersiening van werk gedek in FRK 201 en toepassing van hierdie kennis op gevorderde probleme. Voorbereiding en aanbieding van maatskappy finansiële jaarstate in ooreenstemming met die vereistes van Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk in verband met die volgende: inkomstebelasting; hure (insluitend verkoop-en terughuurooreenkomste); eiendom, aanleg en toerusting; beleggingseiendom; voorsienings; gebeure na balansstaatdatum; verdienste per aandeel (insluitend wesensverdienste); ontasbare bates; waardedaling (insluitend inleiding tot kontantgenererende eenhede); staatstoekennings; die uitwerking van verandering in wisselkoerse (insluitend skansrekeningkunde); leenkoste; werknemervoordele; niebedryfsbates gehou vir verkoop en beëindigde bedrywighede; geassosieerdes; gesamentlike ondernemings; kontantvloeistate; verdere aspekte van finansiële instrumente. Gevorderde konsolidasie-aangeleenthede, insluitend intragroeptransaksies; dividende; voorkeuraandele; herwaardasies; horisontale, vertikale en gemengde groepe; insolvente filiale; die verkryging van ‘n bykomende belang. Ontleding en vertolking van finansiële state, asook veranderinge in kapitaalstrukture. ‘n Tegniese vermoë om voorgaande kennis op komplekse probleme toe te pas, is noodsaaklik.
Modulekrediete 40.00
Voorvereistes FRK 201
Kontaktyd 5 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Rekeningkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences