Modulekode | FRK 101 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | *Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)-studente *Studente wat in 'n vorige akademiese jaar vir FRK 101 geregistreer was en nie die module geslaag het nie, word slegs toegelaat om die module te herhaal indien hulle minder as 35% daarvoor behaal het en mag nie met ‘n punt van onder 35% vir FRK 100 registreer nie. (Hierdie is ‘n kernmodule vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) wat deel uitmaak van die GR-program. Modules word opgestel en aangebied met kennisname van die vereistes van die SAIGR se sillabus.) 'n Inleiding tot die konseptuele raamwerk (teorie van rekeningkunde); basiese rekeningkundige vergelyking; belasting op toegevoegde waarde, afslag; inkomste; rekeningkundige prosedures vanaf brondokumente via hulpjoernale na algemene grootboek en proefbalans; finansiële jaarstate van ‘n eenmansaak; kontrolerekeninge; departementele rekeninge; bankrekonsiliasiestate; voorraad; niebedryfsbates eiendom, aanleg en toerusting; kontant en kontantekwivalente; beleggings; lenings; renteberekeninge; versekeringseise; ondernemings entiteite sonder winsoogmerk; takrekeningkunde; permanente vennootskappe; vennootskapsrekeninge; veranderinge in vennootskappe; beslote korporasies; maatskappye; ontleding en vertolking van finansiële state met gebruik van ‘n kontantvloeistaat; vervaardigingsentiteites; opsporing en regstelling van foute; onvolledige rekords;. 'n Tegniese vermoë om voorgaande kennis op komplekse probleme toe te pas, is noodsaaklik. |
Modulekrediete | 24.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Reg 1.2(d) |
Kontaktyd | 6 lesings per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Rekeningkunde |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App