Jaarboeke

Kliniese mediese praktisyn 281


 
Modulekode CMP 281
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Basiese teorie en vaardighede ten opsigte van gesondheidsbevordering, siekte-voorkoming, diagnose en behandeling van siektes van kardio/perifere, vaskulêre, retikuloëndoteliale, endokriene, respiratoriese, genito-urinêre en gastroïntestinale stelsels deur middel van groepbesprekings, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. ’n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklem-toon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.
Modulekrediete 68.00
Voorvereistes CMP 181, CMP 182
Kontaktyd 2 lesings per week, 2 praktiese sessies per week, 2 webgebaseerde periodes per week, 3 seminare per week, 2 besprekingsklasse per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Huisartskunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences