Jaarboeke

Bybelse tale 320


 
Modulekode BYT 320
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Kritiese teksvaardigheid Studente word blootgestel aan uiteenlopende vertalings van en standpunte oor geselekteerde OT- en NT-tekste. Op grond van kennis van en vaardigheid in intra-, inter- en ekstratekstuele teksanalise word studente gelei tot kritiese beoordeling van uiteenlopende standpunte en selfstandige besluitneming in die lees-, analise- en verstaansprosesse ten opsigte van antieke literêre tekste. Analise-integrasie Studente word begelei om selfstandig gekose Griekse en Hebreeuse tekste te lees en te analiseer deur die geïntegreerde toepassing van al die kennis en vaardighede wat in GRK- en HEB-modules op jaarvlakke 1 en 2 asook in BYT 251, 310 en 320 verwerf is.
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes BYT 310
Kontaktyd 2 besprekingsklasse per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Antieke Tale en Kulture
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences