Jaarboeke

Fasiliteitsbeplanning 320


 
Modulekode BFB 320
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Hierdie module stel die beginsels, benaderings, metodes en tegnieke bekend om stelselmatig fasiliteitsvereistes en die benodigde ruimte en verhouding tussen aktiwiteite te bepaal asook om alternatiewe planne en uitlegte te ontwikkel, te evalueer en die resultate op ‘n sinvolle manier voor te lê. Fasiliteitsplasing, vervaardiging- en diensprosesontwerp, kapasiteitsbeplanning, materiaal-hantering, personeel-fasiliteite en stoor- en pakhuisoperasies word ook aangespreek. ‘n Gestruktureerde fasiliteitsbeplanningsprojek word as ‘n belangrike uitset van hierdie module beskou.
Modulekrediete 8.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 praktiese sessie per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Bedryfs- en Sisteemingenieursw
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share