Module-inhoud |
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente Inleiding tot die bedryf- en organisasiesielkunde ’n Inleiding tot die verskillende denkskole van die sielkunde word gegee met spesiale klem op bedryf- en organisasiesielkunde en laasgenoemde se toepassingsvelde. Die basiese beginsels in die wetenskaplike sistematisering van bedryfsielkundige kennis word bespreek. Die biologiese basis van gedrag word behandel ten einde die grondslag te lê vir die toepassing van ergonomiese beginsels. Individuele prosesse In hierdie afdeling word die beginsels van leer soos dit in die werkkonteks voorkom, ondersoek. Die rol van persepsie binne werkverband word behandel deur te kyk na aspekte soos vorm-, diepte-, afstand- en kleurpersepsie. Kognisie, denke, redenering, geheue, kreatiwiteit en besluitneming word behandel. Intelligensie word toegelig en in perspektief geplaas binne die veld van die bedryf- en organisasiesielkunde. |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App