Jaarboeke

Akademiese diensleer 300


 
Modulekode ACS 300
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud “Onderrig as Akademiese Diensleer” bied studente die geleentheid om praktiese ondervinding binne ‘n diversiteitskonteks op te doen deur leerders in minder bevoorregte gemeenskappe te onderrig. Studente bied akademiese hulp aan leerders oor ‘n verskeidenheid kulturele, taal- en rassegrense heen as deel van hulle voorbereiding as toekomstige onderwysers. Die doel van die module is om studente se onderwysstrategieë sodanig te ontwikkel dat hulle meer effektief in ‘n multikulturele en multitalige pedagogiese konteks kan funksioneer. Studente kies (binne hulle eie fase en leerarea) ‘n gemeenskapsprojek waar hulle akademiese hulp aan leerders kan bied. Hierdie module is gebaseer op ervaringsleer en is ‘n toepassing van die teoretiese beginsels onderliggend aan die voorgaadse program vir onderwysstudente.
Modulekrediete 6.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences