Jaarboeke

Fakulteit Gesondheidswetenskappe


Welkom by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Die Fakulteit Gesondheidwetenskappe word nasionaal en internasionaal erken as 'n uitstaande instelling vir die gehalteonderrig wat sy gesondheidspraktisyns aanbied, asook vir sy navorsing en kliniese diens. Verder is dit 'n instelling met 'n tradisie van uitnemendheid en 'n trotse gesiedenis. 'n Goeie instelling van gesondheidwetenskappe rus egter nooit gemaklik op sy louere nie. 'n Goeie instelling van gesondheidwetenskappe doen meer as net om geskiedenis te maak – dit skep die toekoms. Die Fakulteitsbestuur is baie toegewyd en dit is opsigtelik in hul aksie-agenda wat die behoefte vir voortdurende innovasie erken en toegewyding toon om aan die uitdagings van die gesondheidwetenskappe te voldoen.

Studente leer om 'n lewe te skep, om aan die lewe te bly en om 'n verskil te maak. Graduandi word gemeenskapsleiers wat op 'n besondere manier dink, kommunikeer en bydraes lewer.

Navorsing in die Fakulteit Gesondheidwetenskappe lê 'n sterk klem op multidissiplinêre benaderings.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences