Jaarboeke

Inleiding tot voedsel, voeding en gesondheid 121


 
Modulekode FNH 121
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud Teen 2050 sal die wêreld meer as 8 biljoen mense moet voed. Hierdie module gee die onderliggende wetenskaplike basis in Voedsel, Voeding en Gesondheid en stel 'n aantal wetenskaplike beginsels en basiese begrippe bekend. Lesings: Inleiding tot voedselkeuse soos wat dit beinvloed word deur sosiale faktore, godsdienstige invloede, etnisiteit, gesondheid, veiligheid, ekonomie, sensoriese eienskappe van voedsel; Inleiding tot die voedselketting met spesiale klem op die voedings-, omgewings-, etiese en veiligheidkwessies wat van belang is vir verbruikers; Honger - voedsel behoeftes, met inbegrip van voedsel en voeding sekuriteit, die aard van voedingsprobleme, bestriding vanoor-en ondervoeding; Inleiding tot voiding: Nutriënte in voedsels, voedselsamestelling, biobeskikbaarheid van nutriënte, dieet en kroniese siektes; die sleutels tot gesonde eetgewoontes; Inleiding tot funksionele chemiese komponente van voedsel, Inleiding tot voedselprosessering en –preservering; Inleiding tot voedselveiligheid, gevare en risiko's; Inleiding tot voedselkwaliteit en-voorkeure van verbruikers; Belangrikheid van voedsel wetgewing om gesonde en veilige voedsel te verskaf, insluitende voedingsetikettering, gesondheid en voedingsbewerings; Voedsel, Voeding en Gesondheid kwessies in die nuus. Praktiese werk Beginsels en praktyk van basiese begrippe in voedsel, voeding en gesondheid.
Modulekrediete 8.00
Voorvereistes Natural and Agricultural Sciences students
Kontaktyd 2 lesings per week, 1 praktiese sessie per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Voedselwetenskap
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences