Jaarboeke

Fitomedisyne 365


 
Modulekode BOT 365
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud Die module behels ’n oorsig van die ontdekking en gebruik van plantmedisynes en belangrike fito-geneeskundige molekules wat deur plante geproduseer word. Sekere aspekte van natuurlike produkte chemie soos die biosintese en ekologiese rol van die drie hoofgroepe sekondêre verbindings: terpenoïede, fenole en alkaloïede word bespreek. Die rol van hierdie natuurlike produkte in verdediging teen mikroörganismes en herbivore word behandel. ? Inleiding tot metabolomika en toepassings in die veld word bespreek. Die fundamentele beginsels van alternatiewe medisyne soos homeopatie, ayurvediese genesing, akupunktuur, en so meer sal ook bespreek word. Praktiese geneesmiddelontdekkings-benaderings sal met die hulp van chromatografiese tegnieke gevolg word vir fitochemiese analises van sekondêre metaboliete soos tanniene, alkaloïede, sterole en saponiene. Biotoetse op mikroörganismes sal ook gedoen word tydens die praktikumsessies met die doel om vaardighede te ontwikkel vir die moontlike ontdekking van nuwe antibiotikums. Besoeke na verskeie farmaseutiese laboratoriums word gereël.
Modulekrediete 18.00
Diensmodules Fakulteit Opvoedkunde
Voorvereistes BOT 161 of TDH
Kontaktyd 1 praktiese sessie per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Plant- en Grondwetenskappe
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences