Jaarboeke

Regsleer 110


 
Modulekode JUR 110
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud *Vir LLB en BA/BCom met spesialisering in regte Die module bevat beide `n teoretiese- en vaardighede-komponent. Alle elemente hieronder beskryf behels konseptuele kennis gekombineer met praktiese toepassing. GRONDLIGGENDE REGSFILOSOFIESE ASPEKTE VAN REG/DIE REG IN DIE ALGEMEEN (a)`n Eerstejaar-definisie van reg/die reg (b) Die verband tussen reg en die samelewing, reg en geskiedenis, reg en politiek, reg en taal (c) Wat dit behels om `n regstudent of regsgeleerde in Suid-Afrika te wees (d) Inleiding tot verskillende perspektiewe op die reg DIE SUID-AFRIKAANSE REGSISTEEM EN DIE HISTORIESE ONTWIKKELING DAARVAN BRONNE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE REG EN DIE HISTORIESE ONTWIKKELING DAARVAN (a) Inleiding tot die eienskappe en komponente van die Suid-Afrikaanse regsisteem (b) Gemengde regsisteme (c) Die Suid-Afrikaanse grondwet en die historiese ontwikkeling daarvan Inheemse reg en die historiese ontwikkeling daarvan (d) Die gemenereg en die historiese ontwikkeling daarvan (e) Regspraak, wetgewing en ander bronne van moderne Suid-Afrikaanse reg (f) Toepassing van die bronne van die reg op `n feitestel en gebruik van die bronne van die reg om `n jurisprudensiële vraag te beantwoord. BOGENOEMDE INHOUD VORM DIE BASIS VIR DIE VAARDIGHEDE-KOMPONENT, WAT AKADEMIESE GELETTERDHEIDSVAARDIGHEDE INSLUIT: (a) Navorsing in die biblioteek (b) Die vind, lees en toepassing van die bronne van die reg; (c) Die lees, verstaan en opsom van tekste met regsonderwerpe; (d) Die ontleding, kritisering en verbetering (redigering) van skryfwerk oor die reg in `n teoretiese sin (e) Die skryf van `n goed-gestruktureerde paragraaf of opstel oor regsprobleme en regs - of regshistoriese onderwerpe
Modulekrediete 15.00
Diensmodules Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Fakulteit Geesteswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 4 lesings per week, 4 seminare per week, 1 tutoriaal per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Regsleer
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences