Jaarboeke

Professionele etiek 211


 
Modulekode BPE 211
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud In die eerste kwartaal van hierdie module word studente toegerus met begrip van die morele kwessies wat menslike agentskap in ekonomiese en politieke kontekste beïnvloed. Filosofie rus die student toe met analitiese redeneringsvaardighede wat nodig is om komplekse morele probleme wat verband hou met ekonomiese en politieke besluitneming te verstaan en op te los. Ons toon aan hoe die grootste vrae aangaande sosiaal-ekonomiese aspekte van ons lewens ontleed kan word en verhelder kan word deur beredeneerde debat. Voorbeelde van temas wat gedek kan word in die module sluit in geregtigheid en die gemeenskaplike belang van die samelewing, morele nadenke oor die aard en rol van ekonomiese markte in die samelewing, kwessies wat betrekking het op geregtigheid en gelykheid, en dilemmas oor lojaliteit. Die filosowe wie se werk gedek word, kan byvoorbeeld insluit Aristoteles, Locke, Bentham, Mill, Kant, Rawls, Friedman, Nozick, Bernstein, Dworkin, Sandel, Walzer, en MacIntyre. In die tweede kwartaal is die fokus op professionalisme, loopbane en etiek. Etiese kodes in besighede en professies, professionele kodes. en etiese kwessies in die rekenmeestersprofessie word aangespreek.
Modulekrediete 6.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 lesing per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Filosofie
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences