Jaarboeke

Beginsels van Tolking 712


 
Modulekode TRL 712
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud *Studente wat ‘n BA-graad met enige taal wat by UP aangebied word as hoofvak geslaag het mag TRL 712 neem. Toelating vir ander studente wat ‘n soortgelyke graad behaal het is onderhewig aan mondelinge eksamen. Studente met ander tale as wat by UP op honneursvlak aangebied word, sal ook in aanmerking geneem word. Hierdie module lê die grondslag van teoretiese aspekte en basiese vaardighede wat vir mondelinge vertaling vereis word en wat op MA-vlak gekonsolideer word. Lesings is gerig op die teorie en praktyk van verskeie tolkingstegnieke, onder meer memoriseringsoefeninge, mondelinge samevattings, sigvertalings en herbewoording van mondelinge tekste en toesprake, asook die praktyk van liaison-tolking. Studente sal vir sekere lesings in kleiner groepe opgedeel word na gelang van hul taalkeuses, wat naas Engels enige taal/tale wat op BAHons-vlak aangebied word mag wees. Na afloop van hierdie module sal studente mondelinge eksamen aflê om hulle bemeestering van hierdie tegnieke te toets.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Aanbeveel: FRN 752, FRN 762, TRL 710, TRL 711
Kontaktyd 1 lesing per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Afrikatale
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences