Jaarboeke

Program: BScHons Rekenaarwetenskap

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12244000 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 160

Programinligting

Hierdie graadprogram word slegs in Engels aangebied. Die graad word toegeken aan ’n student wat ten minste 120 krediete van die gedoseerde leergang in Rekenaarwetenskap op honneursvlak suksesvol voltooi.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Algemene Regulasies G.1.3 G.16 en G.62, word ’n BSc-graad waarin Rekenaarwetenskap as hoofvak geneem is aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit (of ekwivalent), met ’n gemiddelde van 60% vir alle derdejaar Rekenaarwetenskapmodules vereis vir toelating. Studente van buite Suid-Afrika moet ’n sertifikaat verkry van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAQA) alvorens toelating oorweeg sal word. Die Departementshoof kan addisionele vereistes stel vir toelating.

 

Ander programspesifieke inligting

Besonderhede rakende nagraadse modules is beskikbaar by www.cs.up.ac.za.

Neem kennis dat sommige van die keusemodules nie elke jaar aangebied word nie.

Raadpleeg die departementele webwerf vir die lys modules wat in die huidige jaar aangebied word.

Een module kan buite die Departement Rekenaarwetenskap geneem word, mits die programbestuurder dit goedkeur en indien daar geen lesing- of eksamenbotsings met Rekenaarwetenskapmodules is nie.

Eksamens en slaagvereistes

In die berekening van punte is G Regulasie G.12.2 van toepassing. Dit word van ’n student verwag om ten minste 50% in ’n eksamen te behaal vir ’n module waar daar geen semester- of jaarpunt vereis word nie. In die geval waar ’n jaar- of semesterpunt beskikbaar is, moet ’n subminimum van 40% in die eksamen behaal word.

Die Dekaan mag, op aanbeveling van die toelatingskomitee, die studies van ’n student staak wat meer as een module in ’n akademiese jaar druip. ’n Module mag net een keer herhaal word. Geen hereksamens word op nagraadse vlak toegestaan nie.

Slaag met lof

Die BScHons-graad word met lof toegeken aan 'n kandidaat wat 'n geweegde gemiddelde van ten minste 75% behaal in al die voorgeskrewe modules en geen module gedruip het nie.

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences