Jaarboeke

Program: BScHons Tegnologiebestuur

Code Faculty Duration Credits
12241072 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 128

Programinligting

Die BScHons (Tegnologiebestuur)-graad word toegeken deur die Departement Ingenieurs- en Tegnologiebestuur.

Die bepalings van Fakulteitsregulasies vir honneursgrade is mutatis mutandis van toepassing.

Enige spesifieke module word aangebied op voorwaarde dat ’n sekere minimum getal studente daarvoor inskryf, soos bepaal deur die departementshoof en die Dekaan. Raadpleeg die betrokke departementshoof oor die samestelling van ’n sinvolle nagraadse studieprogram, asook oor die leerplanne van die modules. Raadpleeg ook die betrokke departementele nagraadse brosjures.

Toelatingsvereistes

‘n Toepaslike baccalaureusgraad, ‘n BTech-graad of gelykwaardige kwalifikasie word vereis vir toelating.

 

 

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2020. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences