Jaarboeke

Welsynsreg 110


 
Modulekode WRG 110
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud Hierdie module is daarop ingestel om studente in te lei in die studie van regsaspekte wat van besondere belang is vir die maatskaplike werker. Die module sluit die volgende komponente in: Inleiding tot die reg in die algemeen met inbegrip van ‘n oorsig van die bronne van die reg, die Suid-Afrikaanse hofstelsel, die regsprofessie, regshulp en die prosesreg; die personereg, met spesifieke verwysing na die ontstaan en beëindiging van regsubjektiwiteit en ‘n persoon se status in die reg; ‘n inleiding tot die strafreg en straftoemeting en die rol van die maatskaplike werker in die strafproses.
Modulekrediete 7.00
Diensmodules Fakulteit Geesteswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesing per week
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Privaatreg
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences