Jaarboeke

Verplegingsdinamika 120


 
Modulekode VDN 120
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Kommunikasie- en bestuursbeginsels vir die verpleegpraktyk. Selfhandhawing en interpersoonlike kommunikasie, spanbou en die bestuur van kulturele diversiteit en verandering. Geskrewe kommunikasie. Bestuur van konflik, krisis-tussentrede en streshantering. Fasilitering van gesondheids-, welsyns- en gemeenskapsontwikkeling. Basiese eerstevlakbestuursbeginsels in die verpleegpraktyk. Kwaliteitsversekering en standaarde vir die verpleegpraktyk. Beginsels van finansiële beplanning en bestuur. Privaatverpleegpraktyk. Eties-wetlike raamwerk vir die verpleegpraktyk. Professionele pligte en verantwoordelikhede van geregistreerde verpleegkundiges en vroedvroue/vroedmeesters. Ontwikkeling van die verpleegprofessie, die etos en fundamentele standpunte van verpleging. Beginsels van professionele praktyk. Praktykbestuur, statutêre beheer en professionele selfregulering. Menseregte, die regte van pasiënte en internasionale perspektiewe op pasiëntsorg. Etiek, etiese dilemmas en etiese besluitneming in die verpleegpraktyk.
Modulekrediete 14.00
Voorvereistes VDN 110
Kontaktyd 1 ander kontak per week, 2 lesings per week
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Verpleegkunde
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences