Jaarboeke

Vertaalbeginsels en -tegnieke 710


 
Modulekode TRL 710
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud *Slegs vir studente wat geen modules in vertaling op voorgraadse vlak gedoen het nie Basiese vertaalvaardighede soos brontaalteksanalise, vertaalmetodes en vertaalhulpmiddels. Vertaling in meertalige en multikulturele spraakgemeenskap soos Suid-Afrika. Ekwivalensie op woordvlak en bokant woordvlak. Probleme met die verkryging van ekwivalensie in verskeidenheid tipes tekste. Vertaling en taalvariasies soos dialekte, kodewisseling, sosiolekte, ens. Vertaling van kultuurgebonde tekste. Praktiese vertaalwerk van verskeidenheid tipes tekste van beperkte omvang in enige twee tale aangebied deur die Taaldepartemente, mits die spesifieke taalkombinasie in daardie spesifieke jaar geakkommodeer kan word.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 lesing per week
Onderrigtaal Dubbelmedium
Akademiese organisasie Afrikatale
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2020. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences