Jaarboeke

Oudiologie 120


 
Modulekode ODL 120
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

*Geslote – vereis departementele keuring
Inleiding tot ouditiewe rehabilitasie en versterking: Die belang van die vroeë identifikasie van gehoorverlies; kenmerke van die persoon met gehoorverlies; kommunikasieprobleme veroorsaak deur verskillende tipes en grade van gehoorverlies; die keuse van ´n basiese kommunikasiebenadering vir die jong kind met gehoorverlies; die basiese elemente van ‘n rehabilitasieprogram vir ‘n persoon met ‘n gehoorverlies (spraaklees, ouditiewe opleiding, kommunikasiestrategieë); en die rol van professionele persone in die gesondheidsorg in hierdie proses. Inleiding tot klank-akoestiek; die ontwikkeling van gehoorapparate; oorsig van nie-indringende versterking; basiese komponente en elektro-akoestiese eienskappe van gehoorapparate; kontroles en funksies van verskillende gehoorapparate; basiese inligting rondom beskikbare gevorderde gehoorapparate; tegniese en elektro-akoestiese eienskappe van gehoorapparate; tegniese standaarde en versterkingeienskappe; identifikasie en hantering van distorsie en terugvoer in instrumente; oorsig oor oorstukke en die modifikasie daarvan.

Modulekrediete 7.00
Voorvereistes Toelating tot relevante program
Kontaktyd 2 lesing per week
Onderrigtaal Dubbelmedium
Akademiese organisasie Spraak-Taalpatologie en Oudiol
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences