Jaarboeke

Capita Selecta 733


 
Modulekode LCC 733
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

Nie aangebied in 2014 nie                                                                                   Keuse uit die volgende temas:
Letterkunde en historiografie
Die teenwoordigheid van “geskiedenis” in literêre tekste uit verskillende tale en tydperke; die vervaging van dissiplinêre grense tussen geskiedenis en literatuur en die rol van “narratiwiteit” daarin; literatuur se funksie in die skep van “sosiale geheue”; historiografiese metafiksie; studie van tekste (literêr en histories) uit verskillende tale en tydperke.
of
Reistekste en postkoloniale denke
Voëlvlug oor die geskiedenis en aard van reisliteratuur (genres, plekke, onderwerpe); die teorie van reisliteratuur; reisliteratuur/reistekste binne die konteks van teorieë oor byvoorbeeld representasie, stereotipes, imperialisme, kolonialisme, postkolonialisme, diaspora, “nomadisme”, multikulturaliteit, nasionalisme, identiteit, gender, vertaling, kuberruimte; verhoudinge tussen kultuur en mag; narratiewe konvensies en “waarheid”; kannibalisme as troop van “andersheid”; studie van toepaslike tekste uit verskillende tale.
of
(Outo)biografie in wêreldletterkunde
Voëlvlug oor die geskiedenis en aard van biografie en outobiografie; biografie, outobiografie en hulle verhouding tot ander genres; biografieë en outobiografieë deur en oor vroue; teorieë oor subjektiwiteit en identiteit (“self”), feit en fiksie, objektiwiteit en representasie; studie van toepaslike tekste.
of
Mediagenreteorie
Genreteorie soos dit toegepas word op die terrein van die media- en kultuurstudie. Die faktore wat genrevorming beïnvloed, interne en eksterne kenmerke sowel as die resepsie van mediaprodukte sal in die module aandag kry.
of
Afrika: denke, media en kultuur
Die tekste en praktyke van leidende Afrika kulturele, literêre en mediafigure en sosiale bewegings sal bespreek word met verwysing na hul bydrae tot die ontwikkeling van Afrika-denke en kultuur. Figure soos Achebe, Biko, Cesaire, Garvey, Fanon, Mazrui, Rodney, Senghor en Soyinka sal in hierdie module bespreek word.

Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 lesing per week
Onderrigtaal Dubbelmedium
Akademiese organisasie Afrikaans
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences