Jaarboeke

Kriminologie 120


 
Modulekode KRM 120
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Deel 1: Penologie In die Penologie word aandag aan die strafregsplegingstelsel as sisteem gegee ten einde die belangrikheid van ’n geïntegreerde benadering tot oortrederhantering te benadruk. Die impak van oorbevolking in gevangenisse word krities in oënskou geneem. Verder word aandag aan die probleme rakende verhoorafwagtende oortreders asook die belang van gemeenskapsgebaseerde vonnisse en die herintegrasie van oortreders in die gemeenskap gegee. Deel 2: Misdaadvoorkoming en -beheer Verantwoordelikhede van die polisie en gemeenskap by misdaadvoorkoming en -beheer. Primêre, sekondêre en tersiêre misdaadvoorkoming, misdaadvoorkoming en -vermindering in Suid-Afrika.
Modulekrediete 12.00
Diensmodules Fakulteit Regsgeleerdheid
Voorvereistes KRM 110
Kontaktyd 2 lesing per week
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Maatskaplike Werk en Krim
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences