Jaarboeke

Kommunikasiebestuur 181


 
Modulekode KOB 181
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud

*Die inhoud van hierdie module word aangepas in ooreenstemming met die toepaslike graadprogram. Slegs een van KOB 181-184 mag as 'n module in 'n betrokke program soos nodig geneem word.
Toegepaste besigheidskommunikasievaardighede.
Die verkryging van basiese besigheidskommunikasievaardighede sal die prestasie van werknemers, bestuurders en leiers in die bedryfsomgewing verbeter. Hierdie module bied 'n oorsig van kommunikasievaardighede op intrapersoonlike, diadiese, interpersoonlike, groep-(span-), organisatoriese, openbare en massakommunikasievlakke. Die praktiese toepassingsdeel van die module (soos die skryf van besigheidsverslae en voorleggingsvaardighede) konsentreer op die uitvoeringdimensies van hierdie vaardighede in bepaalde beroepe.

Modulekrediete 5.00
Voorvereistes Slegs een van KOB 181-184 mag geneem word as module waar nodig vir 'n program
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Afdeling Kommunikasiebestuur
Aanbiedingstydperk Kwartaal 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences