Jaarboeke

Voorligting en berading 301


 
Modulekode JVB 301
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Hierdie module poog om onderwysstudente te ondersteun in die ontwikkeling en praktiese toepassing van kennis en vaardighede wat verband hou met voorligting en berading binne die skool-konteks. JVB 301 bou op positiewe sielkunde beginsels en poog om studente toe te rus om in staat te wees om leerders in die onderskeie fases van die onderwyssisteem te begelei en aan hulle berading te verskaf. Die module spreek gedrags- en emosionele hindernisse tot leer en prestasie aan, asook studiemetode-begeleiding en loopbaanvoorligting. Vir elk van hierdie areas sal die fokus val op siftings- en identifikasieprosedures in terme van oorsake en eienskappe, klaskamer ondersteuning en bestuur, en riglyne ter ondersteuning van ouers. Die module sal onderwysstudente verder toerus met kennis oor die aard van voorligting en berading (insluitende beroepsvoorligting), spesifiek binne die leeromgewing. Die uiteindelike doel is om aan studente die geleentheid te bied om die kennis wat hulle opgedoen het tydens JVB 210 en JVB 220 prakties toe te pas in die klaskamer-konteks, deur aan leerders met gespesialiseerde behoeftes voorligting en berading te verskaf. Hierbenewens sal onderwysstudente die geleentheid kry om hulle kennis oor loopbaanteorieë en loopbaanvoorligting prakties toe te pas.

Modulekrediete 40.00
Kontaktyd 4 lesing per week
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Opvoedkundige Sielkunde
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences