Jaarboeke

Grondvrugbaarheid, grondmikrobiologie en plantvoeding 420


 
Modulekode GKD 420
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud Grond beheer die beskikbaarheid van voedingstowwe aan plante en ander organismes in die grond. Die gesondheid en dinamika van biota in die grond is nouliks verbind met die interaksie tussen die pedosfeer en die biosfeer .Hierdie kursus handel oor die beskikbaarheid en opname van makro en mikro voedingstowwe in die plant – mikrobe – grond sisteem, tekorte en toksisiteite van essensiële voedingstowwe en ook grondeienskappe en grondomgewingstoestande wat grondvrugbaarheid en grond se geskiktheid as ? groeimedium beïnvloed. Praktikums sluit in laboratoriumevaluasie van grondvrugbaarheid en glashuisproewe om voedingstofopname, sowel as tekort en toksisiteit simptome, in plante te ondersoek.
Modulekrediete 14.00
Voorvereistes GKD 250 GS
Kontaktyd 1 praktiese sessie per week, 3 lesings per week
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Plantproduksie en Grondkunde
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences