Jaarboeke

Produkontwikkeling en kwaliteitsbestuur 413


 
Modulekode FST 413
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud Lesings: Beginsels betrokke en stappe wat gevolg word in die ontwikkeling van nuwe voedselprodukte wat veilig, smaaklik, voedsaam en koste-effektief is. Toepassing van die teorie van voedselprodukontwikkeling. Kwaliteitsbestuursisteme met spesifieke verwysing na Goeie Vervaardigingspraktyke, HACCP, ISO 9000-sisteme. Nasionale en internasionale standaarde van toepassing op die voedselbedryf. Codex Alimentarius, die Food and Drug Administration (FDA). Die toepassing van voedselwetgewing Voedselverpakking. Praktika: ‘n produkontwikkelingsprojek word beplan, uitgevoer en aangebied. Toepassing en implementering van HACCP.
Modulekrediete 30.00
Voorvereistes FST 260 of TDH en FST 351 en FST 352
Kontaktyd 15 besprekingsklasse, 6 praktiese sessies per semester
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Voedselwetenskap
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences