Jaarboeke

Beginsels van voedselprosessering en -preservering 260


 
Modulekode FST 260
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud

Lesings: Voedselpreserveringstegnieke: konsep van struikelbloktegnologie; hitte (blansjering, pasteurisasie en sterilisasie); koue (verkoeling en bevriesing); konsentrering en ontwatering; voedselbestraling; fermentasie; preserveermiddels; nuwe voedselpreserveringstegnieke. Effek van voedselpreserveringstegnologieë op die mikrobiologiese (rakleeftyd- en veiligheidsaspekte), sensoriese en voedingkwaliteit van voedselprodukte. Praktika: Praktiese toepassing van bg. prosesse; fisiese en sensoriese evaluering van geprosesseerde voedsels.  Opdrag: Illustrering van struikelbloktegnologie aan die hand van 'n voedselproduk.

Modulekrediete 12.00
Voorvereistes CMY 117, CMY 127, MBY 161, PHY 131 en WTW 134 of WTW 165 of TDH
Kontaktyd 1 ppraktiese sessie per week, 2 lesing per week
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Voedselwetenskap
Aanbiedingstydperk Semester 1 en Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences