Jaarboeke

Farmakologie 171


 
Modulekode FAR 171
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud Hierdie module sal die mondhigiënestudent toerus met die toepaslike farmakologiese kennis en begrip van medikasie wat aanpassing aan die pasiënt se behandelingsplan noodsaak. Die mondhigiënestudent sal praktiese kennis opdoen van farmako-terapeutiese konsepte van voorskrifmedikasie in mondhigiëne asook om ‘n ingeligte besluit te neem rakende veilige lokale verdowing en die toediening daarvan aan die pasiënt. Hy/sy moet in staat wees om kennis van farmakologie klinies te kan toepas in die uitvoering van prosedures in die omvang van die mondhigiëneberoep.
Modulekrediete 5.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Dubbelmedium
Akademiese organisasie Farmakologie
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences