Jaarboeke

Kunsmatige intelligensie 314


 
Modulekode COS 314
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Die hoofdoel van hierdie module is om 'n inleiding vir 'n seleksie kunsmatige intelligensie (KI) onderwerpe te gee, en om studente te voorsien van `n agtergrond om KI-tegnieke te implementeer om komplekse probleme op te los. Die module sal onderwerpe uit klassieke KI, sowel as meer onlangse KI-paradigmas behandel. Die onderwerpe sluit in: soektogmetodes, speletjie-optimering, kennisvoorstelling en beredenering, masjienleer, neurale netwerke, genetiese algoritmes, kunsmatige lewe, beplanningsmetodes en intelligente agente. Gedurende die praktiese deel van die module sal studente kennis opdoen ten opsigte van die implementering van (1) spelbome en die evolusie van kunsmatigespelers; (2) 'n neurale netwerk en die toepassing daarvan by die oplossing van probleme in die hedendaagse werklikheid, sowel as (3) `n genetiese algoritme en om dit toe te pas om probleme in die hedendaagse werklikheid op te los.
Modulekrediete 18.00
Voorvereistes COS 131 of COS 110
Kontaktyd 2 lesing per week, 1 praktiese sessie per week
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Rekenaarwetenskap
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences