Jaarboeke

Netsentriese rekenaarstelsels 216


 
Modulekode COS 216
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Die module stel die beginsels netsentriese berekening bekend wat op die WWW en die internet toegepas kan word asook op verspreide toepassings. Na afloop van die module, sal studente, as deel van die uitkomste, die kennis besit om verskeie programmering en webgebaseerde tegnologie te integreer. Spesifieke uitkomste sluit in om kennis te bekom/in te win oor die konsepte van kliënt- en bedienerkant-programmering, web-gebaseerde toepassings, poorte- en sokke-interaksie, die skryf van programme wat van afgeleë funksieroepe gebruik maak, en die koppelling met 'n databasis te bewerkstellig deur middle van afgeleë-SQL roepe. Die ondersteunende tegnologie van opmerktale ("mark-up"), soos HTML, en skriptale, soos JavaScript, word ook bestudeer. Om prakties te demonstreer dat 'n student hierdie uitkomstes bereik het, sal van studente verwag word om die nodige programmatuur en apparatuur te gebruik, te integreer en in stand te hou deur middel van kleiner praktiese opdragte. Hierna word 'n praktiese netsentriese projek vereis wat al die geïntegreerde tegnologie bevat.
Modulekrediete 16.00
Voorvereistes COS 110
Kontaktyd 1 praktiese sessie per week, 4 lesing per week
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Rekenaarwetenskap
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences